top of page

Press Release: ‘Era’, ‘Avu’ na Kaap

Vukallective

Originally Published in the Volksblad newspaper 21 Sep 2016

witten by Elretha Britz in Afrikaans.


Die beoordelaars het nie ’n fout gemaak toe hulle Avu as die beste vrynge-produksie op vanjaar se Vrystaat-kunstefees aangewys het en Mark Dobson as die beste opkomende kunstenaar vir Let’s Eat Hair op verlede jaar se kunstefees nie. Era, wat Dobson op vanjaar se hooffees aangebied het, en Avu is albei vir die Cape Town Fringe Festival (môre tot 8 Oktober) gekeur. Albei produksies is onder die Bloemfonteinse teatergroep Vukallective ontwikkel. “Ons waardeer die eer om in Kaapstad te gaan speel, maar geld is ’n probleem,” sê Marli van der Bijl, een van die akteurs in Era. Daarom hou hulle môreaand in Gallery on Leviseur in Bloemfontein ’n pretgeleentheid met vermaak, kos en ’n wynproe. Uittreksels uit die produksies kan gesien word, Van der Bijl en Nelien Smith sal sangnommers lewer, en almal maak paella. In Era, geregisseer deur Dobson, word fisieke teater en dans met sterk visuele beelde gekombineer. Dit word beskryf as “die waarneem en uitbeeld van die alledaagse lewe deur beeldryke uitvoering”. Dobson sê Era het vorm aangeneem toe hy op ’n mistige strand na ’n ligtoring in die donker gestap het. “Terwyl ek stap, het ek gevoel hoe dit is om in limbo vasgevang te wees, daardie onwerklike niemandsland waarin jy altyd op pad is na die lig, maar dit nooit bereik nie. Vyf dae later is my oupa, die man wat my grootgemaak het, oorlede. Dit het my verander.” ’n Rolverdeling van 11 beeld dié “visuele fees” uit. In Avu neem Thaddeus Mhla-mbi en haar “handlanger” (Erick Strydom) die gehoor op ’n manipulerende reis waarin die onderskeid tussen werklikheid en fantasie ’n papierdun lyn is. Sy word iemand van wie jy hou, wat jy haat, by wie jy aanklank vind, wat jy sal vergeet, wat jy nooit sal vergeet nie. Ilne Fourie het die teks geskryf en Michelle Hoffman is die regisseur. ) Era en Avu is van 1 tot 3 Oktober in die Kaapstadse stadsaal te sien.

Comentarios


CONTACT US

Work with us

The Vukallective loves working with others, we believe that collaboration across different disciplines is the only way to not stagnate artistically. 

If you like what you see then send us a message and let's chat about working together. It doesn't need to just be Theatre, we are totally versatile...   

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube

Questions?

Thanks for submitting!

Or send us an email directly at

info@vukallective.com

Stay Updated

Sign up to hear updates about artists, shows, and more!

Thanks for submitting!

© 2014 VUKALLECTIVE

bottom of page