top of page

Press Release: Dié Hedda ’n millenniër Realisme en natuurlike aanbieding voorop

Vukallective

  • Originally published in the Volksblad Newspaper

  • 14 Jun 2017

  • Elretha Britz

  • Language: Afrikaans


Die Noorweegse skrywer Henrik Ibsen sal waarskynlik in sy graf omdraai as hy sien wat ’n paar Bloemfonteinse akteurs met sy drama Hedda Gabler aangevang het. “Maar ons kan alles motiveer,” sê die regisseur Mark Dobson oor die toneelstuk wat op die Vrystaat Kunstefees, 18 tot 22 Julie in Bloemfontein, te sien sal wees. “Hedda is realisme-teater wat die sosiale omstandighede in Noorweë in die tweede helfte van die 1800’s weerspieël. Vandag maak dit nie meer sin nie.

“Toe skryf ons die teks in ’n informele styl, gee die karakters Suid-Afrikaanse name en maak die subtitel ‘Girls play with dolls, Hedda plays with people’. Hedda is nou Hedda Theunissen en die titel is net Hedda sodat die puriste nie in hul koffie stik nie.” Dit is egter die minste van die veranderings, sê Michelle Hoffman, wat Hedda vertolk. Dit is die één rol wat sy nog altyd begeer het om te speel en pleks van hoop op ’n oudisie het die kreatiewe spannetjie genaamd Vukallective Hedda aan haar outydse borstrok gegryp en die drama vir hulle maak werk.

Hedda Gabler was die trofee aan die arm van George, haar akademikusman wat meer in sy strewe om ’n professorskap belang stel as in haar. Hedda is verveeld met die lewe en haar huwelik en aangesien haar liefde vir vuurwapens taboe is as getroude vrou, manipuleer sy mense. Die nuwe Hedda is ’n millenniër-vrou en, soos al die karakters, geklee in die millenniërkleur pienk.

Dobson sê voyeurisme, geure, musiek, klank en die natuurlikste moontlike aanbieding is belangrike aspekte in hul produksie. “Hedda sê in ’n stadium die huis ruik na laventel en rose. Die gehoor sal dit ruik. Die radio speel regtig, Michelle speel regtig klavier (sy leer dit nou) en ons selfone is aangeskakel. Ons het twéé verhoogbestuurders omdat hulle ons regtig moet bel en die teks oor die foon moet lees.”

Die gehoor vul die “voyeurisme”-rol. Hulle is in die Theunissens se tuin en sien alles wat agter die huis se moderne glasdeure afspeel. Vukallective se kreatiewe denke strek verder as die verhoog. “Bemarking is vir ons nie net ’n plakkaat op ’n paal nie,” sê Dobson. Hoffman het haar FBprofiel verander na Hedda. Hedda in pienk. Hedda op die feesterrein in karakter en kostuum (pienk).

Op YouTube is video’s van die akteurs se werk agter die skerms wat strek van die konsep tot die verhoog. Dobson is die regisseur en vertolk die rol van George. Die ander Vukallective-lede is Michael Garbett, wat George se navorsingsassistent David speel, en Erick Strydom as Elliot Lategan, die gerehabiliteerde alkoholis met wie Hedda ’n verhouding gehad het. DeBeer Cloete is die chauvinistiese Judge Brack en Rondo Mpiti speel Hedda se vriendin Mia Lekotla. ■

Commentaires


CONTACT US

Work with us

The Vukallective loves working with others, we believe that collaboration across different disciplines is the only way to not stagnate artistically. 

If you like what you see then send us a message and let's chat about working together. It doesn't need to just be Theatre, we are totally versatile...   

  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube

Questions?

Thanks for submitting!

Or send us an email directly at

info@vukallective.com

Stay Updated

Sign up to hear updates about artists, shows, and more!

Thanks for submitting!

© 2014 VUKALLECTIVE

bottom of page